Radioteater công khai
[search 0]
Thêm
Download the App!
show episodes
 
Loading …
show series
 
Ou liefde roes nie, lui die spreekwoord. As dit jou het, het dit jou. Daar is nie wegkomkans nie. Die liefde is ‘n taaispul. Dirk kry op sy oudag spyt oor die skoolliefde wat hy 40 jaar gelede deur sy vingers laat glip het. Hy glo vas dat die glibberige Eben destyds vir Lea van hom afgerokkel het, en besluit dat dit nou die tyd is om haar terug te …
  continue reading
 
Jaco en Phillip, ʼn getroude paartjie, kom voor ‘n uitdaging te staan wanneer een van die partye erken hulle voel nie meer dieselfde nie. Soos wat die middag verloop en die twee koppe stamp en mekaar konfronteer, leer ons die karakters beter ken. Altwee het geheime wat hullr ronddra en ontknoop. Die een se geheim het dalk goeie bedoelings, en die an…
  continue reading
 
‘n Mens moet nooit te maklik vertrou nie. As dit blyk te goed om waar te wees, is dit gewoonlik so. Sake neem ‘n dramatiese wending wanneer Alexander Brink gewond word, en in die hospitaal wakker word. Skielik staan die pragtige Hanri van Wyk staan langs sy bed. Sy beweer dat hulle verloof is. Dis maar net die begin van die oëverblindery... Met Kar…
  continue reading
 
400 jaar van stilte word verbreek. Sal jy trek of sal jy agterbly? Is die opoffering die moeite werd? Hierdie ou verhaal speel af in die tyd van die Israelitiese slawerny in Egipte. Dit trek die baadjie aan van gewone mense wat voor moeilike besluite te staan kom. Menslikheid en geloof ontmoet mekaar in ‘n verhoogteks uit 1990, keurig verwerk vir d…
  continue reading
 
Ons vier Kersdag op ‘n plaas in Suid-Afrika. Ontmoet die Scheepers-familie waar hulle op hul plaas woon en werk. Een broer is pas klaar studeer, die ander reeds jare op die plaas. Die Scheepers-familie gaan Kersdag op die plaas vier en voorbereiding is in volle swang. En dis in hierdie tyd wat die baas van die plaas aandring oo ‘n familievergaderin…
  continue reading
 
Nols D’Amus, deur Hendie Grobbelaar, vertel die storie van Nols wat per ongeluk in 1999 in die Vallei van Tussen-In beland. Daar ontmoet hy ‘n paar interessante mense – maar hulle leef nog in 1989! Hy benut egter die geleentheid om ‘n paar transaksies vas te knoop met beloftes van groot winste iewers in die toekoms. En wanneer hy die Vallei verlaat…
  continue reading
 
Alet ly aan ’n traumatiese toestand wat klaarblyklik onbewustelik van haar ma af op haar oorgedra is. Ten tyde van die ma se heengaan, is dit Alet se ouer suster, Jana, wat haarself met ’n belofte verbind tot die taak om uit te vind wat presies in hulle ma se lewe gebeur het wat hiertoe kon gelei het. Toe iemand eendag by hulle deur kom aanklop, kr…
  continue reading
 
“Ek is maar net ‘n inconvenience by die verkeerslig,” ‘n Lewe op straat is alles behalwe maklik. Dries, Koos en Fridge, is drie boemelaars wat op straat agter die winkelsentrum woon en hul daaglikse bestaan maak. Hulle word ondersteun deur die kerk met ‘n broodjie so nou en dan en die dominee wat af en toe kom inloer. Maar hierdie goedhartigheid va…
  continue reading
 
Hendrien moet skuif van haar woonstel, na ‘n kamer in die aftreeoord waar sy bly. Sy is gediagnoseer met vroeë tekens van demensie. Daarby het haar pragkind, haar talentvolle seun Johan, se kanker teruggekeer. Hierdie is ‘n storie van oudword, afskaal, twyfel, verlies en vergeet. Amanda Strydom en Hannes van Wyk, wat destyds die rolle vertolk het i…
  continue reading
 
‘n Groepie akteurs repeteer aan ‘n moderne weergawe van Shakespeare se Julius Caesar. Die veeleisende regisseur blyk baie ongewild te wees, en wanneer daar boonop ‘n kragonderbreking is, begin die poppe dans. Die spelers is Wessel Pretorius, Roeline Daneel, Anrich Herbst, Hannah Borthwick, Marion Holm, Adriaan Havenga en Ira Blanckenberg.…
  continue reading
 
’n Liefdesverhaal van twee mense met bagasie uit die verlede, wat mekaar toevallig ontmoet en deur omstandighede deel word van mekaar se lewe. Die gesoute akteur en stemkunstenaar, Karen Wessels, maak haar debuut as skrywer met hierdie werk, en sy speel ook die hoofrol teenoor die ewe ervare kunstenaar, Robbie Wessels. Die ander akteurs is Altus Th…
  continue reading
 
Elkeen dra geheime, angs, bagasie en neurose met hulle saam. Antonie verkoop komberse om aan die lewe te probeer bly, en Jasmyn doen haar voor as medium wat kamtig met dooies kan kommunikeer. Hulle maak op dié onortodokse manier geld uit mense, wat ‘n geliefde verloor het. Maar oneerlikheid haal hulle in. Tog kan hulle nie vals oor die liefde wees …
  continue reading
 
‘n Kaal man word in die vlak water van ‘n rivier gevind. Hy is bewusteloos en kan nie praat nie. Wie is hy? Of meer belangrik – wát is hy? Want die Anglo-Boereoorlog is in volle swang. Is hy Boer of Brit? Vriend of vyand? Tussendeur raak die verpleegster verlief op hom. En iemand raak jaloers – en die stomme Moses, al kan hy nie ‘n vinger lig of ‘n…
  continue reading
 
Mev. Adriana is 40 en verveeld. Dit voel vir haar asof die lewe na 'n einde beweeg, tot sy hoor dat sy 'n ouma gaan word, en dat 'n nuwe lewe gaan begin. Die spelers is Anneke Keyter, Johann Nel, Johann Esterhuysen, Christo Gerlach, Joanie Combrink, Alewyn Lee, Pierre Louw, Edward Turner, Neels Engelbrecht en Nicci van Noordwyk.…
  continue reading
 
‘n Riller oor die uitwerking wat beurtkrag het. Albert beman bedags (en soms snags) ‘n noodlyn waarheen mense skakel indien hulle ‘n krisis het. Beurtkrag veroorsaak meer trauma as wat besef word. Om die waarheid te sê, dit word onderskat. En dit kring wyer uit na mense se persoonlike lewe, wat dan om berading aanklop. Die probleem is dat die tradi…
  continue reading
 
Drie onderwyseresse beplan ‘n verrassingsafskeidspartytjie vir hulle skoolhoof se aftrede. Met die netbaljuffrou, Zelda de Wet, se vreesaanjaende fluitjie, Bets du Preez se chaotiese administrasie en die vredemaker Marietjie(tjie) wat as die taalsuiweraar optree, is die kantoor ‘n tikkende tydbom. En dan wag hulle vir meneer van der Watt om aan te …
  continue reading
 
Die verhouding tussen ‘n akademikus-pa en sy matriekdogter, Heilie, is stram. Hulle kommunikeer nie goed nie, en daar is wedersydse verwyte. En albei mis Heilie se ma wat in ‘n motorongeluk dood is. Hulle word deur ongewone omstandighede gedwing om hulle verhouding in oënskou te neem. Die spelers is Rene Cloete en Ivan Abrahams. Die produksie word …
  continue reading
 
Wat doen jy as jy 'n daaglikse sukkelende bestaan in 'n klein saai ou dorpie voer? As jy die pastoor van die fiktiewe dorpie Putfontein is, organiseer jy ’n kompetisie wat om Paasfees gesentreer is, met ongelooflike pryse wat R10 000 kontant, ‘n trollie kruideniersware en 'n skaap insluit. En voor jy kan sê bliksemstraal, gons die hele dorpie oor d…
  continue reading
 
Slang en sy groepie helpers tel kosbaarhede by die asgate op om te verkoop. Hulle stel veral belang in koper en aluminium. Hulle was almal in die tronk, en lede van die tronkbendes. Die hiërargie op die asgate is duidelik: Slang sê… en die res moet luister. En daar is min genade vir dislojaliteit. Die spelers is Chris Madjiedt, Charlton George, Mar…
  continue reading
 
'n Drama wat die vriendskap van twee plattelandse hoërskoolleerders, Heather en Gideon, ondersoek oor 'n tydperk van 16 jaar. Skoolkinders het groot drome, maar hoe word ’n lugkasteel bo gehou in ’n land waar onregverdigheid en regverdigheid so eenders lyk? Hierdie radiodrama is 'n verwerking van die teaterteks wat by die 2023 kykNET Fiëstas bekroo…
  continue reading
 
Ná afloop van ‘n ouervergadering by Wesville Laer, waar die hoof onder andere die nuwe skoollied bekend gestel het, gaan spreek twee ouers vir Juffrou Calitz in haar klaskamer. Die twee sit glad nie langs dieselfde vuur nie, en die arme Juffrou het haar hande vol om die vrede te handhaaf. Sy het egter haar eie bekommernis, en kan eintlik nie fokus …
  continue reading
 
Thérèse Terblanche se gesin is disfunksioneel, en haar onverwagte besluit om te begin draf, laat hulle glo sy wil probeer gewig verloor. Sy oorreed eers Lisa en daarna Hardus om saam te draf en selfs aan georganiseerde padwedlope deel te neem. Maar die wáre rede vir haar skielike besluit is glad nie wat Thérèse se gesin verwag het nie... Die akteur…
  continue reading
 
Voorman is die leier van die klein gemeenskap tussen die wingerde en vrugteboorde. Daar leef hy enTant Kwaai en Oumama saam met die jongklomp Ratseknaap, Soetlief en Koggeljan te midde van daaglikse vreugdes, probleme en teleurstellings. Maar hulle gemeenskap word bedreig deur ontwikkelings op verskeie vlakke. Die akteurs is Deon Lotz, Marlo Minnaa…
  continue reading
 
Dis die verhaal van drie mans wat saam op die grens was - Vingers, Soete en Bul – en wat van hulle geword het. ‘n Plan wat hulle almal moes ryk maak, het verreikende gevolge… Met Deon Lotz, Anton Dekker, Denver Vraagom en die 12-jarige Malea Avis wat haar radiodebuut maak. HOUVAS is die wenner van die 2022 Radiodramaskryfkompetisie.…
  continue reading
 
Die 32-jarige Danie is ’n bleeksiel wat nie veel vir homself te sê het nie – tot hy op ’n dag vir George van Vuuren aangesien word. George het pas ’n groot sangkompetisie gewen en is hipergewild. Nou doen Danie alles in sy vermoë om nét soos George te lyk en selfs op te tree. Hy begeer dieselfde graad van bekendheid en sukses. Hy sal egter gou agte…
  continue reading
 
Die drama handel oor die uiterstes waartoe mense sal gaan om te kry wat hulle wil hê, As ‘n mens iets graag genoeg wil hê, is geen prys te hoog nie. En dít is die vlek op ‘n mens se siel. Die spelers is Mandi Baard, Shemane Harris, Karin Retief, Anton Dekker, Sulette Thompson, Rina Nienaber en Sue Pyler-Slabbert. Die drama het die derde plek verowe…
  continue reading
 
Mot, oftewel Mathilda, het 'n moeilike lewe ná haar ouma se dood. Haar vriend, Liam, probeer help waar hy kan, maar kan nie altyd 'n buffer wees tussen Mot en haar huislike omstandighede nie. Dan ontdek Mot 'n geroeste koekblik met sleutels en 'n adres in. Sy en Liam besluit om te gaan uitvind wie se adres dit is... en hulle maak 'n ontdekking wat …
  continue reading
 
Tersia en Leon is met vakansie in Amsterdam. Hulle sien ‘n kelner wat op ‘n druppel water lyk soos hulle vriendin Nadia se oorlede man Pieter… Troufoto’s bevat gewoonlik pragtige mense wat gelukkig glimlag, met die hele skoonfamilie wat ook iewers in die prentjie is. Maar iets is nie pluis nie. Pieter en Nadia glimlag net te breed op ‘n troufoto. W…
  continue reading
 
Jerome Fortuin, die nuut aangestelde voorman op die deftige en welgestelde Mildred Malan se kleinhoewe, maak vroegoggend ‘n rare vonds wat hy versigtig versteek. Hy probeer vir homself ‘n nuwe lewe skep ná traumatiese kinderjare in ‘n kindersorgsentrum en ‘n onverdiende botsing met die gereg. Tydens ‘n storm een nag, ontdek Mildred die versteekte v…
  continue reading
 
‘n Familiegeheim word onthul, wat Giel se lewe op sy kop draai. Al wat Giel weet is dat sy pa dood is toe hy klein was. Sy ma maak hom alleen groot, maar wanneer sy doodgaan begin hy opnuut wonder oor die pa wat hy nooit geken het nie. ‘n Vreemde man nader Giel op die dag van sy Ma se begrafnis, maar Giel kan nie na die man luister nie. Hy het imme…
  continue reading
 
Daar is baie stories oor Dirk Ligter, ‘n legende van die Tankwa Karoo. Wat waar is en wat nie, is nie altyd duidelik nie. Twee skrywers tree met mekaar in gesprek oor hulle onderskeie weergawes van Dirk Ligter en sy lewe. Die spelers is Nic de Jager, Waldimar Schultz, Dean Balie, Zenobia Kloppers, Wessel Pretorius, Riaan Visman, Marion Holm en Frie…
  continue reading
 
Katie en Annie is twee afgetredenes wat die wêreld vanaf hulle balkonne beskou. Oorkant hulle is Die Seekat, ‘n gewilde kuierplek. Die lawaai wat daarvandaan kom, dryf die twee ou dames egter tot raserny en hulle besluit om ‘n plan te maak… Die spelers is Rina Nienaber, Shemane Harris, Simon Bruinders, Philru van Achterberg, Izel Bezuidenhout en Jo…
  continue reading
 
Hoe beland ‘n mens op straat en word ‘n boemelaar? Veral as jy ‘n professionele, gegradueerde mens is met ‘n gesin. Einstein is so ‘n mens. Hy en sy vriend Skerf woon in ‘n park onder ‘n boom. En dan, een middag daag daar ‘n joernalis en haar vriend op. Sy soek ‘n storie. En Einstein soek antwoorde. Die spelers is Sue Pyler-Slabbert, Donovan Pieter…
  continue reading
 
Waarskuwing: Sekere tonele en taalgebruik mag sensitiewe luisteraars aanstoot gee. Die kunssinnige Janina is saam met haar boesemvriend, Anton, in matriek. Een middag vra hy haar om vir hom ’n prentjie van hulle streng onderwyseres, Mevrou Steyn, te teken. Anton is gaande oor die karikatuur waarmee sy vorendag kom, en wil dit graag as ’n aandenking…
  continue reading
 
Familiekonflik en verhoudings, die nagevolge van die pandemie en die vervlakking van die samelewing weens sosiale media is temas wat in die drama weerklink. Maar eerstens is dit ‘n misdaadverhaal: Wie het die moord gepleeg? Die spelers is June van Merch, Johan Nel, Hanna Borthwick, Melt Sieberhagen, André Weideman en Kay Smith.…
  continue reading
 
Die drama vertel die verhaal van drie oujongnooiens wat op ‘n afgeleë plaas woon. Dan kom ‘n jonger familielid by hulle aansterk. Sy teenwoordigheid krap ou wonde oop oor ‘n ander jongman wat baie jare gelede ook by hulle aangesterk het nadat hy in die oorlog gewond is. Die tweemalige Hertzogpryswenner, Henriëtte Grové, sou vanjaar 100 jaar oud wee…
  continue reading
 
RSG bied ‘n spesiale opdragwerk aan om 85 jaar van Afrikaans op die radio te herdenk. Die drama word 'n spel, nie net met tyd nie, maar ook met ruimte waarin die hedendaagse RSG, kompleet met U eie keuse (die oudste radioprogram in Suid-Afrika) as springplank vir die intrige gebruik word. Griekse mitologie, vermeng met hedendaagse, ondermaanse gege…
  continue reading
 
‘n Luitenant-kolonel in die polisie kom voor ‘n keuse te staan. Of hy gaan voort met sy gewone lewe op ‘n doodgewone salaris, gelukkig getroud met ‘n vrou en baba-dogtertjie, of hy gee hom oor aan die verleidings van ‘n gevaarlike spul booswigte wat hom wil dwing om ‘n kollega te verraai. Hierdie drama is op ‘n ware verhaal gebaseer. Die spelers is…
  continue reading
 
Toe Wilhelm Pauw eers laat in sy lewe uitvind hy het 'n dogter, begin hy na haar soek. Omdat hy desperaat is, is sy metode onortodoks. Daar is net twee mense wat hom kan help met sy soektog - Sophia Marais, 'n verbitterde, ongelukkige vrou, vervreemd van haar dogter, met 'n geheim wat haar gewete opkeil - en Gwen Lotter, 'n vrolike, boheemse vrou w…
  continue reading
 
‘n Man stop by die hotel in ‘n klein dorpie in Namakwaland, en betaal kontant vir ‘n kamer vir vyf aande. Hy is hier met ‘n doel. In die warm, stowwerige windverwaaide wêreld ontmoet ons die garage-eienaar met sy werkswinkel, waar allerhande dinge reggemaak word, die windmaker dwelmhandelaar en sy pêl wat misbruik maak van die jongmense se ledighei…
  continue reading
 
[Wenner van RSG en NATi se eerste Kwartkomedie-skryfkompetisie vir komiese radiodramas] Dr. Marais is ’n veearts op ’n klein dorpie wat ’n tydelike ontvangsdame, Marietjie, in diens geneem het. Haar eerste dag verloop, om die minste te sê, minder geslaagd. Koos se hond, Buffel, het sy nuwe bakkie se sleutels ingesluk, en Dorette se hamster het oorn…
  continue reading
 
[Naaswenner van RSG en NATi se eerste Kwartkomedie-skryfkompetisie vir komiese radiodramas] Herman is ’n onvergenoegde, middeljarige sakeman wat ná meer as drie dekades nie die bevordering kry wat hy meen hom toekom nie. Iemand van die straat af, ’n meneer Jacobs, word as sy bestuurder aangestel. Wat Herman nog erger laat voel, is dat hy bloot ’n e…
  continue reading
 
Katrien is ’n 27-jarige aktuaris wat baie bekommerd is oor haar ouers, Basie en Ella, twee sout-van-die-aarde plaasmense wat na Italië gereis het, maar toe skielik verdwyn het. Uiteindelik spoor Katrien hulle per telefoon op waar hulle baie opgewonde vir haar vertel hoe heerlik hulle kuier by Lorenzo se ouers, Luigi en Sofia, in Palermo, Sisilië. L…
  continue reading
 
Frans en Anita loop mekaar in ’n supermark raak, begin gesels en kom tot die gevolgtrekking dat Frans se weduwee-ma en Anita se wewenaar-pa albei die behoefte het om weer iemand spesiaal te ontmoet. Hulle erken dat hulle ouers baie hardkoppig is en nie ’n ontmoeting met iemand ter wille sou wees nie. Só spreek Frans en Anita toe af om te maak asof …
  continue reading
 
Die verhaal handel oor die lewe van Poppie Nongena. Dit vertel hoe sy as ma rondgeskuif is weens die politieke stelsel van die tyd, en die besluite wat sy ter wille van haar kinders se opvoeding moes neem. Dit beeld haar innerlike stryd uit oor die besluite wat sy telkens moes neem. Elsa Joubert se gelyknamige roman het in 1978 verskyn. Dit is vers…
  continue reading
 
Loading …

Hướng dẫn sử dụng nhanh