DAAR AGTER IN DIE BUS
MP3•Trang chủ episode
Manage episode 191342812 series 1743980
Nội dung được cung cấp bởi Weg-tydskrif. Tất cả nội dung podcast bao gồm các tập, đồ họa và mô tả podcast đều được Weg-tydskrif hoặc đối tác nền tảng podcast của họ tải lên và cung cấp trực tiếp. Nếu bạn cho rằng ai đó đang sử dụng tác phẩm có bản quyền của bạn mà không có sự cho phép của bạn, bạn có thể làm theo quy trình được nêu ở đây https://vi.player.fm/legal.
In die Kalahri sonder ghêrs, deur Dana Snyman, het in 2004 in die heel eerste uitgawe van Weg verskyn. Dit was die eerste van honderde rubrieke wat oor die afgelope twaalf jaar in Weg en sy susterstydskrifte WegSleep en WegRy gepubliseer is. Saam met Fred Mouton se sketsein sy eie herkenbare styl, het die stories ’n maandelikse instelling geword. ’n Uitgawe sonder een van hierdie stories is so ondenkbaar soos ’n Morkels-advertensie sonder Trudie Taljaard en die twee-jaar-waarborg of ’n Wildtuinvakansie sonder rooibokke. In die afgelope twaalf jaar is van hierdie rubrieke in drie bundels saamgevat: Waar die Leeus Afrikaans verstaan (2006), Sonbrand en Braaiboud (2009) en Stories (2014). Die onderwerpe is uiteenlopend, maar in elkeen van die stories kan ’n mens jouself of jou vriende en familie raaksien. Die stories raak iets bekends en universeel aan dat dit jou soms wil laat lag, huil of sommer net verlang. Nou is ’n keur van hierdie stories vir die eerste keer as klankopnames beskikbaar. Die stemme van Waldemar Schultz, Nina Swart en Neels van Jaarsveld blaas nuwe lewe in twee uur se stories oor gesinsvakansies, petroljoggies, goggas, spoke en karre wat lol.
…
continue reading
16 tập