Die Krag van God
Manage episode 457211301 series 3072738
Johannes 1:12,13 Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore.
Oukersaand. Hoe voel jy werklik oor Kersfees? In 'n sekere sin eis vanaand 'n antwoord van ons elkeen op die vraag: wat gaan jy môre vier? ’n Familie- of godsdienstige tradisie, of iets meer?
Kyk, ek het geen idee wat jou standpunt oor Kersfees is nie. Ek weet nie of jy glo, of nie glo, dat ons môre die koms van Jesus, die Seun van God, herdenk nie. Jesus wat ons kom red het van onsself; van ons rebellie teen Hom en van 'n ewige skeiding van Hom.
Gister het ons gesels oor die realiteit dat baie mense Jesus doelbewus óf deur geringskatting verwerp het; óf miskien het hulle Hom as deel van 'n fabel beskou … óf dalk het hulle dit nooit oorweeg om meer oor Jesus uit te vind en wat Hy kom doen het nie.
Miskien beskryf een van die vorige moontlikhede hoe jy voel … of dalk is jy iemand wat reeds jou lewe aan Jesus oorgegee het; iemand wie se hart swel van 'n onbeskryflike vreugde oor die blote vermelding van sy Naam.
Hoe jy ook al voel, my gebed is dat jy sal toelaat dat hierdie woorde, God se Woorde, vandag met jou praat:
Johannes 1:12,13 Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore.
Die oomblik wat jy vir Jesus ‘ja’ sê, word jy ’n kind van God en alles – alles – verander … nou en vir alle ewigheid. Mag daardie waarheid jou help om jou vrae te beantwoord.
Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
1442 tập