Nội dung được cung cấp bởi RSG. Tất cả nội dung podcast bao gồm các tập, đồ họa và mô tả podcast đều được RSG hoặc đối tác nền tảng podcast của họ tải lên và cung cấp trực tiếp. Nếu bạn cho rằng ai đó đang sử dụng tác phẩm có bản quyền của bạn mà không có sự cho phép của bạn, bạn có thể làm theo quy trình được nêu ở đây https://vi.player.fm/legal.
Player FM - Ứng dụng Podcast Chuyển sang chế độ ngoại tuyến với ứng dụng Player FM !
Season 3 of the smash hit FX/Hulu show “The Bear” roared to life just days ago, but Will Poulter (the actor who plays fan-favorite Luca) and 2014 F&W Best New Chef Dave Beran had been prepping for weeks. Poulter — like his co-star Jeremy Allen White — staged with Beran at his Santa Monica restaurant Pasjoli to learn how to accurately portray a professional chef onscreen. The lessons went so well, Beran says he’d hire Poulter as a cook — even despite a messy mishap with a pastry bag. The two dished all about getting kitchen culture right on and offscreen, what it takes to be at the top of your craft, and the pure magic of a great restaurant service. Learn more about your ad choices. Visit podcastchoices.com/adchoices…
Nội dung được cung cấp bởi RSG. Tất cả nội dung podcast bao gồm các tập, đồ họa và mô tả podcast đều được RSG hoặc đối tác nền tảng podcast của họ tải lên và cung cấp trực tiếp. Nếu bạn cho rằng ai đó đang sử dụng tác phẩm có bản quyền của bạn mà không có sự cho phép của bạn, bạn có thể làm theo quy trình được nêu ở đây https://vi.player.fm/legal.
Andrew en Melissa skryf vir sowat ses dekades lank vir mekaar briewe. Dit is ‘n wipplank- en uitdagende verhouding, wat veroorsaak dat hulle al hoe verder van mekaar wegdryf. Maar op papier blom die liefde steeds. Met Johann Nel, Juanita Swanepoel en Ronel Geldenhuys. Die regisseur is Eben Cruywagen.
Nội dung được cung cấp bởi RSG. Tất cả nội dung podcast bao gồm các tập, đồ họa và mô tả podcast đều được RSG hoặc đối tác nền tảng podcast của họ tải lên và cung cấp trực tiếp. Nếu bạn cho rằng ai đó đang sử dụng tác phẩm có bản quyền của bạn mà không có sự cho phép của bạn, bạn có thể làm theo quy trình được nêu ở đây https://vi.player.fm/legal.
Andrew en Melissa skryf vir sowat ses dekades lank vir mekaar briewe. Dit is ‘n wipplank- en uitdagende verhouding, wat veroorsaak dat hulle al hoe verder van mekaar wegdryf. Maar op papier blom die liefde steeds. Met Johann Nel, Juanita Swanepoel en Ronel Geldenhuys. Die regisseur is Eben Cruywagen.
Thea en haar suster Anna se verhouding is problematies. Thea verstaan nie hoekom Anna oorbeskermend teenoor haar optree nie, en sy kom in opstand daarteen. Sy glo Anna het haar te jonk in ‘n huwelik ingedwing. Thea ervaar trauma en sy beland in ‘n senukliniek. Om haar te help herstel, neem Anna haar Ciprus toe vir ‘n vakansie. Daar ontmoet sy iemand wat uiteindelik verstaan hoe sy voel. Sy sien ook wat volgens die Griekse mitologie die geboorteplek van Afrodite, godin van skoonheid en liefde, is. Sy het nog altyd gevoel asof sy ‘n spirituele band met Afrodite het. Wanneer sy vier maal om die godin se rots in die see by Pafos probeer swem, het dit verreikende gevolge – sowel groot hartseer as verligting. Die spelers is Elma Potgieter, Anton Dekker, Charlie Bouguenon, Louise Eksteen en Stephanie Baartman. Die regisseur is Mari Snyman.…
Op 11 Maart 2011 het ʼn verwoestende tsoenami Japan getref. ʼn Onderwyseres wat Engels in Japan gee, Angelique Naudé, het die ramp eerstehands meegemaak. Sy het haar ervarings en indrukke met die bekende joernalis, Schalk Schoombie, gedeel. Schalk het dit in ʼn pryswennende jeugdrama verwerk, en toe as radiodrama. Die verwoestende gebeure word deur verskeie karakters se oë uitgebeeld. Die spelers is Donna-Lee Roberts, Rolanda Marais, Melt Sieberhagen, Stefan Vermaak, Christine Voorendyk en Ursula Vorster. Die regisseur is Leon van Nierop.…
Die verhaal is losweg gebaseer op die 1977 Krugersdorp-bankroof, wat tot vandag toe nog nie opgelos is nie. Vier mynwerkers besluit hulle gaan die grootste bankroof in die Suid-Afrikaanse geskiedenis uitvoer. Hulle beplanning was so fyn dat geen spoor agtergelaat is nie - net ‘n paar rooi gesigte en vier Elvis-maskers. Charlie Bouguenon, Karen Wessels, Kaz McFadden, Estelle Grobler, Kevin Smith, Christopher van der Westhuizen en Hannes Brümmer is te hoor in hierdie raaiselagtige drama. Leon van Nierop is die regisseur.…
Dit is die jaar 1913. Iewers tussen Griekwastad en Campbell boer Johannes Eland en sy broerse met skaap en bees. Sy vrou, Katrina, is ’n nasaat van die groot Adam Kok I. Hulle sestienjarige dogter, Fytjie, is verlief op Tariq Mentoor, ’n man van minstens tien jaar haar senior, wat vir ’n diamantdelwer aan die oewer van die Garieprivier in die omgewing van Douglas werk. Wanneer Johannes haar verbied om enige kontak met die man te hê, verdwyn sy skielik een nag. Sonder geld, maar met die vaste geloof dat hulle Fytjie sal opspoor, lei hulle soektog te voet na Douglas en vandaar na Kimberley met die hulp van ’n transportryer. Vandaar ry hulle (onwettig) per goederetrein na Kaapstad, waar Jamila Allie hulle in die Bo-Kaap werk en huisvesting bied. Ná tien jaar en ’n vrugtelose soek na Fytjie, sterf Jamila in Desember 1923 aan maagkanker, en word Johannes en Katrina op grond van Jamila se getuigskrif onderskeidelik as tuinier en kok aangestel in diens van senator Christiaan Brand en sy vrou, Francina, ’n maatskaplike werkster. Sestien maande later op 8 Mei 1925 kan Christiaan Brand die oorwinning vir Afrikaans as amptelike taal met dankbaarheid en trots deel met Johannes Eland, met wie hy ’n noue band oor die verloop van daardie tydperk ontwikkel het. Maar wanneer sou Johannes en Katrina dan kon ophou om die Kaapse strate te deurkruis en feitlik elke mens, vol hoop en geloof die vraag te vra: Ken jy vir Fytjie Eland? Die rolverdeling sluit in Johny Klein, Eloise Cupido, Claudia Jones, Solomon Cupido, Shemane Harris, Allan Dyssel en Marintha Labuschagne. Gavin Mathys het die aksentafrigting behartig. Die regisseur is Lelia Etsebeth.…
Verbeel jou jy is in 2050 waar kunsmatige intelligensie tot jou voordeel... of nadeel kan strek. Dawid le Roux is ‘n rekenaarprogrammeerder. Hy is nie te vinde vir te veel geselskap nie, en is tevrede net met Amanda. Hy word egter gekonfronteer met die kunsmatige wêreld wat hy vir homself skep. Verkies jy eerder ʼn kantoor vol mense en ’n lewensmaat, of beheerde eensaamheid? ‘n Wêreld van tegnologie het voordele, maar ook uitdagings. Die stryd tussen mens en masjien is nog lank nie verby nie. Die spelers is Deon Lotz, Sharfa du Plessis, Anrich Herbst, Denver Vraagom, Ilne Fourie, Karli Heine en June van Merch. KONNEKSIE is die wendrama van die 2024 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV. Die regisseur is Johan Rademan.…
Benjamin de Kai is ʼn uitgebrande en ontnugterde liefdesverhaalskrywer wat probeer om ʼn ernstige roman die lig te laat sien. Sy uitgewer se nuwe assistent, Dania, dwing hom om by Leniesgif, haar afgeleë familiehuis langs die Kaapse Suidkus, te gaan werk sodat hy kan fokus en sy manuskrip voltooi. Leniesgif is egter die woonplek van ʼn paar spoke, soos Benjamin tot sy ontsteltenis ontdek. Lenie Kruger, haar stiefdogter Hanna, die bekkige Franse matroos Thomas en die pratende hond Goebbels het elkeen ʼn geheim en ʼn versugting om afsluiting. Dan is daar natuurlik die weggesteekte skat, en hoe pas Benjamin in Dania se slinkse plan? Amor Tredoux is die regisseur met Carel Nel die rol van Benjamin vertolk. Lochner de Kock, Ronel Geldenhuys, Conradie van Heerden, Talana Rossouw en Anene Loots voltooi die ensemble.…
Janine is 19, vol twyfel en vars in die grootmenswêreld. Haar eerste werk - ’n oproepsentrum vir ’n versekeringsmaatskappy - voel eerder soos ’n daaglikse toets wat sy net nie kan slaag nie. Twee maande in en sy het nog nie ’n enkele polis verkoop nie. Lindsay, ’n meer ervare kollega, gooi vir haar ’n reddingsboei: ’n lys van kliënte wat aanlyn oor lewensversekering navraag gedoen het. Heel bo aan die lys: Maggie Grove. Janine verwag nog ’n standaard oproep, nog ’n ongemaklike of ongeskikte "nee dankie", maar wat sy kry, is iets heel anders. Lyne wat kruis deur Wilmi Wheeler, is die derde plek wenner van die RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.…
Dit is Stella se 64e verjaardag in ‘n aftreeoord. In ‘n toestand van neerslagtigheid het sy niemand vir die geleentheid genooi nie, en wil ook nie vir enige besoeker regstaan nie. Haar buurman daag op en slaag daarin om haar uit haar depressie te kry. Maar dan daag ‘n tweede gas op, wat al die goeie pogings van die buurman tot niet maak, en Stella dwing om met die familiegeraamtes in haar kas na vore te kom. Die regisseur is Johny Klein, en die spelers is Rika Sennet, Tobie Cronjé en Luan Jacobs. Die drama is die merietewenner van die 2024 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.…
Shawn Day is die wenner van die 2024 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV, in die Jong Skrywer-kategorie. ‘n Joernalis ondersoek die verdwyning van ‘n professor in kriptosoölogie nadat sy dagboeke deur sy vrou gepubliseer is. Daar is ‘n magdom vrae wat die joernalis nie kan beantwoord nie, en die enigste oplossing is om saam met een van sy kollegas Karoo toe te reis om die antwoorde te gaan soek. In hierdie dorre omgewing moet hy dan eindeloos soek vir die misterie wat sy lewe begin domineer. Die spelers is Hannes Brümmer, Mari Molefe van Heerden, Sulette Thompson, Francois van Rensburg, Elzabé Zietsman en Francois Stemmet.…
Andrew en Melissa skryf vir sowat ses dekades lank vir mekaar briewe. Dit is ‘n wipplank- en uitdagende verhouding, wat veroorsaak dat hulle al hoe verder van mekaar wegdryf. Maar op papier blom die liefde steeds. Met Johann Nel, Juanita Swanepoel en Ronel Geldenhuys. Die regisseur is Eben Cruywagen.…
Die drama speel af tydens die regering van die Romeinse Keiser Augustus, waartydens die Joodse volk, Israel, deel was van die Romeinse Ryk. Dit word vertel uit die oogpunt van 'n jong gestremde skaapwagter, wat in die buitewyke van Bethlehem skape oppas, terwyl sy vader snags die nagwake uitroep. In die ou dae voordat daar van horlosies gebruik gemaak is, was die gebruik dat die wagte op die mure om die stad, die stand van die sterre snags dophou om só die tyd te bepaal. Die skaapwagter, Mefiboset, se leergierige pa, Shamar, bestudeer en dokumenteer egter ook die stand van die sterre. Die verhaal skop af as 'n vreemde ster met 'n langstert sy verskyning op die horison maak. Die spelers is Hendré Henning, Charlie Bouguenon, Lizelle Pike, Kaz McFadden, Duncan Johnson, Antowan Nothling, Rian Terblanche en Henriëtta Gryffenberg. Eddie de Jager het die regie behartig. Die oorspronklike teks, WAGTERS OP DIE MURE, is verwerk vir die radio deur sy dogter, Henriëtta Gryffenberg.…
Estelle en Hennie berei voor vir ‘n Kersmaal in hulle piepklein woonstelletjie. Haar ma en dié se vriend is genooi om die Kerstyd by hulle te kom deurbring. Sy wil graag haar ma beïndruk, maar dinge werk nie heeltemal uit soos wat Estelle dit beplan het nie. Die spelers is Hannah Borthwick, André Terblanche, Susanne Beyers, Albert Maritz en Conradie van Heerden. Joanie Combrink het die regie behartig.…
Wanneer Mammie se deur vir almal oop staan, kan dit nogal bietjie erg raak vir Tamia. Dit voel of Mammie al haar aandag aan die bure skenk, en nie op haar fokus nie. Dit veroorsaak dat Tamia die goeie nuus wat sy ontvang het, van haar ma en haar pa weerhou. Maar, ook net omdat haar ma haar gedurig in die rede val. Tog verstaan sy dat die dood van haar broer, nie so maklik vir haar mammie was om te verwerk nie. Die spelers is is Zenobia Kloppers, René Cloete, Simoné Benjamin-Carolissen, Sharfa du Plessis, Cole Wessels en Enrico Hartzenberg. Die regisseur is Denver Vraagom.…
Wanneer Janet en Arno gaan kamp, word hy oorweldig deur herinneringe aan sy tyd op die grens tydens sy dienspligjare. Die spelers is Roeline Daneel, Eben Genis, Waldemar Schultz, Wessel Pretorius en Susanne Beyers. Die regisseur is Joanie Combrink.
Wysie oor die water is opgeneem en vervaardig deur siggestremdes in die ateljee van Innovation for the Blind op Worcester. Dis ‘n stormagtige nag op ‘n skip. ‘n Meisie bevind haar op die skeepsdek, alhoewel sy weet dat die veiligste plek eintlik haar kajuit sou wees. Nogtans bly sy, en ontmoet sy ’n geheimsinnige jong man. Dadelik is dit asof hulle mekaar ‘n leeftyd al ken. In die verwarring van golwe, seewater en wind raak dit al hoe moeiliker om helder te dink. Wanneer reuse golwe oor die dek spoel, en jy skaars kan sien wat om jou aangaan, is dit maklik om perspektief te verloor. Later wonder jy: waar is ek, en hoe lank is ek al hier? Maar net soos wat ‘n storm op die see vrees en verwarring bring, bring dit later ook kalmte en rus. En nuwe geleenthede. Ander dinge om te beleef. Die spelers is Sanna Antonie en FC Smit. Die viool is gespeel deur Morné van der Merwe. Die vervaardiger is Gavin Grundlingh, met regie deur Sarel van der Westhuizen.…
Chào mừng bạn đến với Player FM!
Player FM đang quét trang web để tìm các podcast chất lượng cao cho bạn thưởng thức ngay bây giờ. Đây là ứng dụng podcast tốt nhất và hoạt động trên Android, iPhone và web. Đăng ký để đồng bộ các theo dõi trên tất cả thiết bị.
Tham gia ứng dụng podcast tốt nhất thế giới để quản lý các chương trình yêu thích của bạn trực tuyến và nghe ngoại tuyến trên ứng dụng Android và iOS. Nó miễn phí và dễ sử dụng!